Fred Sinowatz | |
Bondskanselier van Oostenryk
| |
Ampstermyn 24 Mei 1983 – 16 Junie 1986 | |
Vise | Norbert Steger |
---|---|
President | Rudolf Kirchschläger |
Voorafgegaan deur | Bruno Kreisky |
Opgevolg deur | Franz Vranitzky |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 5 Februarie 1929 Neufeld an der Leitha, Oostenryk |
Sterf | 11 Augustus 2008 Wene, Oostenryk |
Politieke party | Sosiaal-Demokratiese Party |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Alfred (Fred) Sinowatz (Neufeld an der Leitha, 5 Februarie 1929 - Wene, 11 Augustus 2008) was die bondskanselier (regeringshoof) van Oostenryk van 1983 tot 1986. Hy was lid van die SPÖ, die Sosiaal-Demokatiese Party van Oostenryk. Van 1971 tot 1983 was hy bondsminister van Onderwys en Kultuur.
Sinowatz het geskiedenis, Duits en kommunikasiewetenskap gestudeer. Hy het altyd in die Burgenland gewoon.